• Tuisblad
  • Foto Gallery
  • Kamp Registrasie
  • Kaart
  • Getuienisse

CMAN : Christen Mannekampe

Published Date | Written by Herman Pienaar | Print | Email | Hits: 199

CMAN Mannekampe is nie ‘n mannekamp waar jy die 10 punt plan gaan kry om ‘n beter man te wees nie, of die nuutste metode van hoe om jou vrou te behandel nie. Dit is veel eerder ‘n kamp waar jy uitgedaag gaan word om jouself te vind. Jouself te vind in jou indentiteit in Christus. Ons gaan onder andere praat oor pornografie bevryding en geestelike oorlogvoering. Ons gaan die harde vrae vra soos, Is jy regtig gered ?. Ons gaan mekaar bedien met Woord en broederliefde. Ons gaan jou ook toerus om meer profeties te leef. Ons gaan ook buite in die natuur onder die sterreprag rondom ‘n kampvuur God se goedheid en genade besing.


Ons gaan ook lekker manne dinge doen, boogskiet, skyfskiet. Lekker wild kyk. Jy gaan baie alleen tyd in die natuur kry. Alles om nader aan God te kom.
Indien ‘n man homself in Christus gaan ontdek, gaan hy begin leer en ondervind dat hy ‘n lewe het wat die moeite werd is om te leer, gaan hy sy vrou met passie lief hê, gaan hy leer om ‘n pa vir sy kinders te wees. Ons manne moet ons Christenman hart weer terug kry.

Ons sien uit daarna om julle daar te sien.

 

Bespreek nou, ons kan net 30 manne per kamp huisves.

... en die beste nuus is, dit is heeltemal gratis. Verniet. Al kostes wat jy moet aangaan is om daar te kom en as jy en 'n paar vriende saamry, bespaar jy nog op jou petrolgeld ook.

 

Die kampe word op Bhejane Wildreservaat aangebied. Bhejane is in die Willowmore distrik en is 'n bekende jag bestemming.

Kliek hier om na hul webtuiste te gaan.

 

KLIEK HIER OM JOU PLEK TE BESPREEK.


 

Category: General

 

 

Copyright © 2012. All Rights Reserved.

Joomla template created with Artisteer.